Stefanus Jacobus Perold | |
Ds. Stefanus Jacobus Perold
| |
Naam | Stefanus Jacobus Perold |
---|---|
Geboorte | 10 Junie 1864 |
Sterfte | 13 Maart 1940 Duplooysburg |
Kerkverband | Nederduits Gereformeerd |
Gemeente(s) | Dutoitspan, Franschhoek, Murraysburg, Jacobsdal, Philippolis, Heilbron (twee maal), Robertson en Duplooysburg |
Jare aktief | 1893–1936 |
Kweekskool | Kweekskool, Stellenbosch |
Ds. Stefanus Jacobus Perold (10 Junie 1864 – Duplooysburg, 13 Maart 1940) was ’n predikant in agt verskillende gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in twee van die latere vier provinsies.
Ds. Perold in 1892 gelegitimeer. Eers is hy in 1893 as hulpprediker na die NG gemeente Oudtshoorn georden, waarna hy in 1893 in sy eerste vaste werkkring, die NG gemeente Dutoitspan (Kimberley), bevestig is. Ná Franschhoek, waarheen hy ná slegs 'n twee jaar lange dienstyd op Kimberley 'n beroep moes aanneem weens sy vrou se gesondheid, en Murraysburg, het hy ook nog die gemeentes Jacobsdal, Philippolis, Heilbron, Robertson en Duplooysburg bedien.
Ds. Perold is op 26 September 1892 in die huwelik bevestig met mej. Aletta Gertruida de Kock, wat hom getrou bygestaan het gedurende al die jare van sy bediening.