Steinkopf | |
---|---|
Koördinate: 29°15′41″S 17°44′01″O / 29.26139°S 17.73361°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Nama Khoi |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,59 km2 (2,93 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 842 |
• Digtheid | 1 033/km2 (2 680/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 95.4% |
• Swart mense | 3.3% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 98.2% |
• Ander | 1.8% |
Skakelkode | 027 |
Steinkopf is 'n dorp in Namakwaland sowat 50 km noord van Springbok in die Noord-Kaap en is deel van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit. Dit is langs die N7-nasionale pad geleë, waar dit by die hoofpad (R382) na Port Nolloth en die Richtersveld aansluit. Die dorp is ongeveer 67 km vanaf die Vioolsdrifgrenspos met Namibië.