Straat van Cook

Die seestraat uit die ruimte

Die Straat van Cook is 'n seestraat tussen die noord- en suid-eiland van Nieu-Seeland. Die seestraat verbind die noordweste van die Tasmansee met die suidooste van die Stille Oseaan. Dit is 22 km wyd op sy nouste punt [1] en word beskou as een van mees gevaarlikste en onvoorspelbare stukke see in die wêreld.[2] Daar is gereelde veerboot dienste tussen Picton in die Marlboroughsont en Wellington.

Die straat is vernoem na James Cook, die eerste Europeër wat daardeur geseil het in 1770.[3] In Maori staan dit bekend as Te Moana-o-Raukawa wat die See van Raukawa beteken. Raukaua is houtagtige struik wat inheems aan Nieu-Seeland is.[4] Die water van die Cookstraat word oorheers deur sterk getye. Die getyvloei deur die Cookstraat is ongewoon deurdat die getyhoogte aan die punte van die seestraat amper presies uit fase met mekaar is, so hoogwater aan die een kant ontmoet laagwater aan die ander kant.

  1. McLintock, A. H., ed. (1966) Cook Strait from An Encyclopaedia of New Zealand, updated 18-Sep-2007. Nota: Hierdie is die afstand tussen die Noord-eiland en Arapaoa-eiland; sommige bronne gee 'n ietwat langer lesing van 24,5 km; die afstand tussen Noord-eiland en Suid-Eiland.
  2. McLauchlan, Gordon (ed.) (1987) New Zealand encyclopedia, Bateman, P. 121. ISBN 978-0-908610-21-1.
  3. Sjabloon:ReedPlacenames2002, p. 99.
  4. "TE MOANA-O-RAUKAWA". Wellington City Libraries. Besoek op 27 Mei 2017.

Straat van Cook

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne