Zuid-Afrikahuis (Nederlands: [zœyt ˈaːfrikaːˌɦœys]) in Amsterdam huisves 'n kultuur-, inligting- en navorsingsentrum vir mense met 'n belangstelling in Suid-Afrika, die Afrikaners en die Afrikaanse taal in die besonder. Die doel is om die Nederlandse belangstelling in Suid-Afrika lewend te hou en kultuurbande te versterk.