SuperSport | |
---|---|
Gestig | 1988 (as Sport-segment op M-Net) 1995 (as 'n enkele volledige kanaal) |
Gesluit | Aktief |
Eienaar | Naspers |
Beeldformaat | 576i (SDTV 16:9, 4:3) 1080i (HDTV) |
Slagspreuk | World of champions |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels, Afrikaans, Portugees, Xhosa en Zoeloe |
Uitsaaiarea | Afrika |
Hoofkantoor | Randburg |
Vorige naam | M-Net SuperSport (1988 tot 1994) |
Susterkanale | Sky Sports, ESPN |
Webtuiste | www.supersport.com |
M-Net | kanaal M-Net (as 'n sporttoevoer tydens belangrike gebeure) |
DStv | kanaal 200–247 |
DStv IPTV-diens | kanaal 200–247 |
www.supersport.com | kanaal Live SuperSport Streaming-aanlyn |
SuperSport is 'n groep Suid-Afrikaanse TV-kanale waarop sportwedstryde uitsaai word. Hierdie kanale word deur Naspers besit en op MultiChoice se DStv-satellietdiens gebeeldsend. SuperSport verskaf ook sportdekking in verskeie Afrika-lande. Hulle word as die grootste verskaffer van sportdekking in Suid-Afrika, Afrika, en geoordeel aan die hoeveelheid inhoud, die wêreld beskou.[1]
SuperSport is by verre die uitsaaier wat die grootste verskeidenheid sportsoorte aanbied. Van die sportsoorte wat algemeen op hulle kanale gesien kan word sluit in: rugby, krieket, sokker, gholf, tennis, motorsport, fietsry, boks, stoei, atletiek en uithou-byeenkomste. Hulle is die wêreld se grootste uitsaaier van lewendige rugby- en krieketwedstryde, asook Premier League-sokkerwedstryde.[2]
Meeste programme word in Engels uitgesaai. Sommige wedstryde, soos die groot rugbywedstryde, word van alternatiewe klankbane, waaronder Afrikaanse kommentaar, voorsien. Verskeie wedstryde word ook in hoëdefinisie uitgesaai.