Swaan | ||||
Latynse naam | Cygnus | |||
Genitief | Cygni | |||
Afkorting | Cyg | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20,62h | |||
Deklinasie | 42,03º | |||
Grootte | 804 vk. grade (16de) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 9 | |||
Helderste ster | Deneb (α Cyg) | |||
Naaste ster | 61 Cyg | |||
Sterre helderder as 3 m | 4 | |||
Sterre met planete | 60 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 84 | |||
Meteoorreëns | Oktober-Cygniede, Kappa-Cygniede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Cepheus, Draak, Akkedis, Lier, Vlieënde Perd, Vos | ||||
|
Cygnus, die Swaan, is 'n groot en belangrike sterrebeld wat tydens die somer op die Noordelike Halfrond sigbaar word. Dit verbeeld 'n swaan, wat van die Noordpool af suidwaarts langs die Melkweg vlieg.
Die helderste sterre van Cygnus vorm 'n groot kruis, wat ook as die "Noordelike Kruis" bekend staan. Die swaan se uitgestrekte vlerke verbeeld die dwarsbalk van die kruis, die ster Deneb (α Cygni) sy stert en die dubbelster Albireo (β Cygni) sy bek.
'n Deel van ons Melkweg word in Cygnus duidelik sigbaar as 'n helder wolk van sterre. Cygnus is selfs vir die blote oog 'n wonderlike skatkis van gekleurde sterre.