Swakopmund | |||
|
|||
Ligging van Swakopmund in Erongo | |||
Land | Namibië | ||
---|---|---|---|
Streek | Erongo | ||
Munisipaliteit | Stad van Swakopmund Munisipaliteit | ||
Regering | |||
- Burgemeester | P.N.D. Nashilundo | ||
Oppervlakte | |||
- Totaal | 112,9 km² (43,6 myl²) | ||
Bevolking (2011) | |||
- Totaal | 44 725 | ||
- Digtheid | 200/km² (518/myl²) | ||
Tydsone | Suid-Afrikaanse Standaardtyd (UTG+2) | ||
Areakode(s) | +264 (0)64 | ||
Webwerf: http://www.swkmun.com.na/ |
Swakopmund is 'n dorp in Namibië met 'n oppervlak van 112,9 vierkante kilometer en 'n geskatte bevolking van 44 725 (2011), wat in 1892 as die hoofhawe van die destydse Duitse kolonie Suidwes-Afrika gestig is. Dit is aan die mond van die Swakoprivier aan die Atlantiese Oseaan geleë, sowat 40 km noord van Walvisbaai (voorheen 'n Suid-Afrikaanse enklawe) en 378 km wes van die hoofstad, Windhoek.
Swakopmund staan bekend as een van die besbewaarde voorbeelde van Duitse art déco-argitektuur ter wêreld. Die dorp is ook al die "Durban van Suidwes" genoem, omdat dit reeds sedert die Duitse koloniale tydperk Namibië (vroeër Suidwes-Afrika) se gewildste vakansieoord aan die kus is. Dit val sedert die onafhanklikheidswording van die land in die administratiewe distrik Erongo.