Swartseevloot | |
---|---|
Gestig | 13 Mei 1783 |
Land | Russiese Ryk (1783–1917) Sowjetunie (1917–1991) Rusland (1991–hede) |
Onderdeel van | Russiese Vloot |
Tipe | Seemag |
Logo | |
Spesialisasie | Vlootoorlogvoering Amfibiese oorlogvoering |
Hoofkwartier | Krim Krasnodar-krai |
Aantal lede | 45 oorlogskepe 6 duikbote |
Veldslae | Krimoorlog Russies-Japannese Oorlog Eerste Wêreldoorlog Russiese Burgeroorlog Tweede Wêreldoorlog Russies-Georgiese Oorlog Krim-krisis Siriese Burgeroorlog Russiese inval in Oekraïne |
Die Swartseevloot (Russies: Черноморский флот, Tsjernomorski flot) is ’n groot, strategiese afdeling van die Russiese Vloot (voorheen van die vloot van die Sowjetunie en die Russiese Keiserryk) wat sedert die laat 18de eeu in die Swart- en Middellandse See aktief is. Die vloot se basisse is verskeie hawens in die Swartsee en die See van Azof, terwyl sy infrastruktuur op verskillende plekke op die Krim en in Krasnodar-krai geleë is.