Ds. Tjibbe Thomas Spoelstra | |
Ds. T.T. Spoelstra
| |
Naam | Tjibbe Thomas Spoelstra |
---|---|
Geboorte | 13 April 1900 |
Sterfte | 28 Augustus 1987 (op 87) |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Johannesburg-Oos, 1925–1927 Petrusburg, 1927–1941 Pretoria-Oos, 1950–1958 Pretoria-Sunnyside, 1958–1965 |
Jare aktief | 1927–1965 |
Kweekskool | Potchefstroom |
Ds. Tjibbe Thomas Spoelstra (13 April 1900 – 28 Augustus 1987) was van 1925 tot 1965 predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, naamlik Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos (1925–1927), Petrusburg (in kombinasie, 1927–1941), Pretoria-Oos (1950–1958) en Pretoria-Sunnyside (1958–1965). Hy was die eerste predikant van beide Johannesburg-Oos en Pretoria-Sunnyside. Van al vier sy werkkringe bestaan nog net Petrusburg nadat al drie die ander ontbind het. Van 1941 tot 1949 was hy sekretaris-penningmeester van die Administratiewe Buro op Potchefstroom.