Tapir Tydperk: Ipresium–onlangs
| |
---|---|
Tapirus terrestris | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Tapirus Brünnich, 1772
|
Spesies | |
Sien teks |
Die tapir (familie Tapiridae) is ’n taamlik groot, digbehaarde hoefdier met 'n kort, beweeglike slurp aan die punt van die snoet. Teenswoordig kom tapirs net in Amerika en Asië voor, maar etlike miljoene jare gelede het hulle ook in Europa geleef. Die bekendste van die vier spesies is die laaglandtapir (Tapirus terrestris) omdat hy in die meeste dieretuine aangehou word.