"The Vampyre"
| |
---|---|
Skrywer | John William Polidori |
Land | Engeland |
Taal | Engels |
Genre | Rillerkortverhaal |
Uitgewer | The New Monthly Magazine and Universal Register; Londen: H. Colburn, 1814-'20. Vol. 1, No. 63. |
Uitgegee | 1 April 1819 |
"The Vampyre" is 'n kortverhaal wat in 1819 deur John William Polidori geskryf is na aanleiding van 'n storie van Lord Byron wat vertel is as deel van 'n kompetisie tussen Polidori, Mary Shelley, Lord Byron en Percy Shelley. Dieselfde kompetisie het die roman Frankenstein; or, The Modern Prometheus opgelewer.[1] "The Vampyre" word dikwels beskou as die voorloper van die romantiesevampiergenre van fiksie.[2] Die werk word deur Christopher Frayling beskryf as "die eerste storie wat die uiteenlopende elemente van vampirisme in 'n saamhangende letterkundige genre saamvat".[3]