Thomas Watt | |
Sir Thomas Watt, waarskynlik afgeneem in die tydperk van 19 Maart 1920 tot 10 Maart 1921 toe hy minister van spoorweë en hawens was. | |
Minister van Pos en Openbare werke
| |
Ampstermyn 1921 – 1924 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jacobus Arnoldus Graaff |
Opgevolg deur | Thomas Boydell |
Minister van Spoorweë
| |
Ampstermyn 1920 – 1921 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Henry Burton |
Opgevolg deur | John William Jagger |
Minister van Openbare Gesondheid
| |
Ampstermyn 1919 – 1921 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Patrick Duncan |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 1916 – 1921 | |
Eerste minister | Louis Botha Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Abraham Fischer |
Opgevolg deur | Patrick Duncan |
Minister van Poswese
| |
Ampstermyn 1912 – 1915 | |
Eerste minister | Louis Botha |
Voorafgegaan deur | George Leuchars |
Opgevolg deur | Johannes Henricus Meiring Beck |
Minister van Openbare Werke
| |
Ampstermyn 1912 – 1920 | |
Eerste minister | Louis Botha Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | George Leuchars |
Opgevolg deur | Jacobus Arnoldus Graaff |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1857 Glasgow, Skotland |
Sterf | 1947 |
Politieke party | Suid-Afrikaanse Party |
Alma mater | Universiteit van Glasgow |
Sir Thomas Watt (naby Glasgow, Skotland, 1857 - 1947) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister.
Watt studeer aan die Glasgow-universiteit en word 'n advokaat. In 1883 kom hy in Natal aan en gaan op Dundee. Nadat hy vir Brittanje diens doen in die Anglo-Boereoorlog, word hy tot die Natalse Wetgewende Vergadering verkies en word hy minister van justisie en onderwys vir kolonie en later van 1908 tot 1909 lid van die Nasionale Konvensie wat die Suid-Afrika-wet opgestel het ingevolge waarvan Uniewording die volgende jaar moontlik was. Ná die unifikasie word hy minister van poswese en van openbare werke in genl. Louis Botha se kabinet. Hy dien onder hom en genl. Jan Smuts tot die Suid-Afrikaanse Party in 1924 tot 'n val kom as minister van volkswelsyn, binnelandse sake en spoorweë. Hy sterf in 1947 in die ouderdom van 90 jaar.