Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Mali |
Koördinate | 16°46′N 3°0′W / 16.767°N 3.000°W |
Stigting | 5de eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 147,9 vk km |
Hoogte bo seevlak | 261 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 54 453 |
- Bevolkingsdigtheid | 368,2 vk/km |
Tydsone | UTC +01:00 |
Burgemeester | Hallé Ousmane |
Timboektoe (Arabies: تمبكتو, Berber: ⵜⵉⵏⴱⵓⴽⵜⵓ, Frans: Tombouctou) is 'n antieke oasestad in Noord-Mali langs die Nigerrivier. Die stad het 'n bevolking van 54 453 in 2009 gehad.[1] Vanaf 6 April 2012 tot 14 Februarie 2013 is dit as hoofstad van die voormalige omstrede gebied Azawad opgeëis. Timboektoe is sedert 1988 as 'n Unesco-wêrelderfenisgebied gelys.