Republiek van Tiwa Тыва Республика | ||||
Die ligging van Tiwa in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Siberië | |||
Ekonomiese streek | Oos-Siberië | |||
Stigting | 13 Oktober 1944 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Kizil | |||
Leier | Sjolban Kara-ool | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Groot Choeral | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 307 930 | |||
Volgorde | 77ste | |||
Digtheid | 1,81/km² | |||
Stedelik | 53,1% | |||
Plattelands | 46,9% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 170 500 km² | |||
Volgorde | 21ste | |||
Tydsone | UTC+08:00 | |||
Registrasienommer | 17 | |||
Amptelike tale | Russies, Tiwaans | |||
Webtuiste | http://gov.tuva.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Tiwa, voorheen Toewa (Russies: Республика Тува; Республика Тыва; Tiwaans: Тыва Республика), is ’n outonome republiek in die Russiese Federasie. Die yl bevolkte gebied lê in die suidweste van Siberië noord van Mongolië. In die weste grens Tiwa aan die Republiek Altai, in die noorde aan die Republiek Chakassië, Krasnojarsk en Irkoetsk en in die weste aan die Republiek Boerjatië.
Die hoofstad is Kizil. Dié stad lê volgens sommige presies op die geografiese middelpunt van Asië. Nog iets waarvoor Tiwa bekend is, is dat daar met sowel rendiere as kamele geteel word, asook die tradisionele botoonsang.