Tonteldoos, Limpopo

Tonteldoos
'n Padbord na Tonteldoos (vanuit Roossenekal)
'n Padbord na Tonteldoos (vanuit Roossenekal)
Tonteldoos is in Limpopo
Tonteldoos
Tonteldoos
 Tonteldoos se ligging in Limpopo
Koördinate: 25°19′20″S 29°59′30″O / 25.32222°S 29.99167°O / -25.32222; 29.99167
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikSekhukhune
MunisipaliteitElias Motsoaledi
Stigting1883

Tonteldoos is 'n nedersetting in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê suidoos van Roossenekal en 20 km noordwes van Dullstroom, tussen die Steenkampsberge en Mapochsberg. Dit is deel van die Mapochsgronde, 'n gebied wat in 1883 deur armblankes beset is. Burgers wat aan die Mapochoorlog deurgeneem het, was geregtig om 'n perseeltjie van 8 morg te beset. Die res van die grond waarvandaan die Mapoggers verwilder is, het gemeenskaplike weiding geword.

Die landmeter, wat die gebied in omtrent 1884 uitgemeet het, se naam was G.R. von Wielligh. Sommiges sê dat die gebied so genoem word want hy het daar sy tonteldoos verloor.[1] Hulle is verkeerd want Samuel Smit het reeds in Oktober 1883 dié naam aan sy perseeltjie gegee. Die waarskynliker weergawe is dat die naam ontleen is aan die volksnaam van 'n plaaslike plant, Haplocarpha scaposa, bekend as tontelbossie. Die blare se agterkant is fluweelagtig en, omdat dit maklik ontvlambaar is as dit droog is, is daardie deel gebruik om tonteldose mee te maak.[2] Dis nou die tontel van tonteldoos. Dit kan vermeld word dat vuurklip ook in die omgewing gevind kan word.

  1. "Tonteldoos : Accommodation, Activities, Restaurants & Points Of Interest" (in Engels). WhereToStay. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2017. Besoek op 6 Februarie 2016.
  2. Pooley, Elsa (1998). A field guide to Wild Flowers KwaZulu-Natal (in Engels). Natal Flora Publications. p. 332.

Tonteldoos, Limpopo

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne