Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (Admin. gewes) | Provence-Alpes- Côte-d'Azur |
Département | Var |
Koördinate | 43°07′N 5°55′O / 43.117°N 5.917°O |
Stigting | 2de eeu v.C. |
Oppervlak: | |
- Totaal | 42,84 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2021) | 180 452 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 200/vk km |
- Metropolitaanse gebied (2018) | 580 000 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Josée Massi (2023-26) |
Amptelike webwerf | www.toulon.com |
Toulon (Oksitaans: Tolon, Italiaans: Tolone) is die prefektuur (hoofstad) van die Franse département Var met 'n oppervlak van 42,84 vierkante kilometer en 'n bevolking van 180 452 in 2021. Die metropolitaanse gebied (Frans: aire urbaine) van Toulon het 'n bevolking van meer as 'n halfmiljoen. Die stad aan die oostelike ent van die Golf van Lion lê halfpad tussen Marseille in die weste en Saint-Tropez in die ooste. Dit is Frankryk se belangrikste vlootbasis aan die Middellandse See.