Orde van Cisterciënsers van die Streng Observansie | |
---|---|
Afkorting | Orde van Trappiste (O.C.S.O.) |
Gestig | 1892 |
Soort | Katolieke godsdiensorde |
Hoofkwartier | Rome, Italië |
Webtuiste | www.ocso.org |
Die Orde van Cisterciënsers van die Streng Observansie (O.C.S.O.: Ordo Cisterciensis Strictioris Observantiae) is ’n Katolieke godsdiensorde van peinsende kloosterlinge wat die Regula Benedicti volg. Hulle is ’n tak van die Orde van Cisterciënsers (Bernardyne) en word gewoonlik Trappiste genoem.
Daar is sowat 170 Trappistekloosters in die wêreld, wat ’n tuiste bied vir omtrent 2 100 monnike en 1 800 nonne.[1]