Trent Bridge | ||
Wedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland op Trent Bridge in 2008
| ||
Ligging | West Bridgford, Nottinghamshire, naby Nottingham | |
---|---|---|
Koördinate | 52°56′12.78″N 1°7′55.78″W / 52.9368833°N 1.1321611°W | |
Eienaar | Nottinghamshire County Cricket Club | |
Kapasiteit | 15 500[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1838 | |
Huurders | ||
Nottinghamshire County Cricket Club Engelse nasionale krieketspan |
Trent Bridge is 'n krieketveld in Engeland wat meestal gebruik word vir toets-, internasionale eendag- en graafskapskrieket. Dit is geleë in West Bridgford, Nottinghamshire, net oorkant die Trentrivier by die stad Nottingham.
Trent Bridge is ook die hoofkwartier van Nottinghamshire County Cricket Club. Benewens internasionale krieket en Nottinghamshire se tuiswedstryde het die veld twee keer die eindwedstryd van die Twintig20-beker aangebied. Trent Bridge is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019.
In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik en het dit ook die halfeindstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan aangebied. Die veld ontleen sy naam van die nabygeleë hoofbrug oor die Trent, en is ook naby Meadow Lane en die City Ground, die sokkerstadions van Notts County en Nottingham Forest onderskeidelik.