Twyfelfontein of /Ul-//aes* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Rotstekeninge by Twyfelfontein | |
Ligging van Twyfelfontein in Namibië | |
Koördinate: 20°35′26″S 14°22′20″O / 20.59056°S 14.37222°O | |
Lande | Namibië |
Tipe | Natuur |
Kriteria | iii, v |
Verwysings | 1255 |
Streek† | Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2007 (31ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Twyfelfontein is 'n waterbron in die berge van Damaraland in Namibië, asook die naam van die dal waarin hierdie bron lê. In Nama heet die gebied Uri-Ais, "springende bron". Nadat blanke boere hulle in 1947 in die streek gevestig het, blyk die bron minder betroubaar te wees as wat aanvanklik gedag is, wat die huidige naam geïnspireer het. In 1964 is die onderneming verlaat, maar die naam leef tot vandag voort.