Die Vaalharts-besproeiingskema is in 1934 op die been gebring in die omgewing waar die Hartsrivier in die Vaalrivier vloei, sowat 80 km noord van Kimberley, as deel van die nasionale heropbouprogram ná die Groot Depressie.
Dit is die grootste projek van sy soort suid van die ewenaar en versprei water uit die Vaal- en Hartsrivier deur middel van kanale oor 'n groot gebied, wat voorheen redelik droog was. Dit het tot die ontwikkeling van dorpe soos Jan Kempdorp (wat deels in die Noord-Kaap en deels in Noordwes is) en Hartswater aanleiding gegee. Van die vernaamste verboude gewasse is graan en neute.
Die skema was reeds voor die einde van die negentiende eeu die geesteskind van Cecil John Rhodes, maar dit is eers in 1934 verwesenlik toe die nodige wetgewing deur die parlement aanvaar is.