Vanua Levu Inheemse naam: वानुआ लेवु | |
---|---|
Geografie
| |
Ligging | Melanesië, Stille Oseaan |
Koördinate | 16°35′S 179°11′O / 16.583°S 179.183°O |
Argipel | Fidji
|
Oppervlakte | 5 587,1 vk km |
Hoogste punt | Batini 1 111 m |
Administrasie | |
Fidji | |
Divisies | Noordelike Divisie
|
Hoofstad | Labasa |
Grootste stad | Labasa (27 949)
|
Demografie | |
Bevolking | 135 961
|
Bevolkingsgroepe | Veral Fidjiane en Indo-Fidjiane |
Vanua Levu (Fidjiaans: [βaˈnua ˈleβu]; Fidjiaanse Hindi: वानुआ लेवु; letterlik: "Groot Land") is die naasgrootste eiland van die eilandnasie Fidji, beide volgens oppervlakte en bevolking, na die hoofeiland Viti Levu. Dit is net noord van Viti Levu, die grootste eiland van Fidji, geleë. Vanua Levu grens in die suide aan die Korosee.
Vanua Levu is sowat 70 km noord van Fidji se grootste eiland, Viti Levu, geleë en lyk soos 'n spits driehoek. Die eiland het 'n bevolking van sowat 130 000. Die grootste nedersetting is Labasa en die hoogste berg is Batini met 1 111 m. Die belangrikste bedryf op Vanua Levus is die suiker- en kopra-vervaardiging. Daarbenewens word toerisme al hoe belangriker.
Aan die begin van die 19de eeu is vir etlike jare sandelhout uit die woude van die eiland gehaal.