Velenkosini Hlabisa | |
Hlabisa in Mei 2019 | |
Leier van die opposisie in die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Voorafgegaan deur | Zwakele Mncwango |
---|---|
President van die Inkatha Vryheidsparty
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 25 Augustus 2019 | |
Voorafgegaan deur | Mangosuthu Buthelezi |
Lid van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 25 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Velenkosini Fiki Hlabisa 4 Januarie 1965 Hlabisa, Natal, Suid-Afrika |
Politieke party | Inkatha Vryheidsparty |
Eggenoot/-note | Thandeka Nxumalo |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Universiteit van Suid-Afrika Universiteit van Zoeloeland |
Professie | Politikus Onderwyser |
Velenkosini Fiki Hlabisa (gebore op 4 Januarie 1965) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en oud-onderwyser. Hy is sedert 1 Julie 2024 die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede. Hlabisa word in Augustus 2019 as die nuwe nasionale leier van die Inkatha-Vryheidsparty, die vierde grootste party in Suid-Afrika, verkies. Sedert Mei 2019 dien Hlabisa as die leier van die opposisie in die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer. Hy was voorheen die IVP se sekretaris-generaal en die burgemeester van die Groot Vyf Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit.