Die Venus van Willendorf is 'n 11,1 sentimeter hoë Venusbeeldjie wat na raming ongeveer 25 000-30 000 jaar gelede gemaak is.[1][2] Dit is op 7 Augustus 1908 gevind deur 'n werker genaamd Johann Veran[3] of Josef Veram[4] tydens opgrawings wat deur argeoloë Josef Szombathy, Hugo Obermaier en Josef Bayer by 'n Paleolitiese terrein naby Willendorf, 'n dorpie in Neder-Oostenryk gedoen is.[5][6] Dit is gekerf uit 'n olitiese kalksteen wat nie plaaslik in die area is nie, en met rooi oker getint. Die beeldjie is nou in die Natuurhistoriese Museum in Wene, Oostenryk. [7]
↑Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Weiser
↑Antl-Weiser, Walpurga. "The anthropomorphic figurines from Willendorf"(PDF). Wissenschaftliche Mitteilungen Niederösterreichisches Landesmuseum. 19: 19–30. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2014. Besoek op 24 Desember 2012.