Victor Edouard d'Assonville (18 Augustus 1927 – 25 Augustus 2022) was ’n Suid-Afrikaanse teoloog, historikus, skrywer en professor aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, waar hy hoof van die Departement Bybelkunde was. Tot 1992, kort voor sy emeritering en ná 'n tugproses teen hom gevolg is, was hy ook verbonde aan die universiteit se Fakulteit Teologie, sowel as die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Hy was die skrywer van verskeie teologiese en historiese werke, waaronder ’n aantal biografieë.