Viskositeit

Illustrasie van viskositeit
Die vloeistof aan die bokant het 'n laer viskositeit as die vloeistof aan die onderkant

Viskositeit of vloeitraagheid is 'n maatstaf van die weerstand van 'n vloeistof teen skuif- of trekspannings wat dit wil vervorm. In alledaagse terme word daar na die eienskap verwys as die "dikte" van die vloeistof of die vloeibaarheid daarvan. Water word beskou as 'n "dun" vloeistof (1 cP by 21 °C), terwyl heuning 'n "dik" vloeistof is met 'n hoër viskositeit. Viskositeit beskryf die vloeier se interne weerstand teen vloei, en daar kan aan gedink word as vloeistofwrywing. Magma van 'n baie hoë viskositeit sal byvoorbeeld 'n steil stratovulkaan vorm, omdat dit nie baie ver kan vloei voordat dit afkoel nie, terwyl magma van 'n lae viskositeit 'n wyer, vlakker vulkaan vorm omdat die magma vinniger vloei.[1]

Alle ware vloeistowwe toon 'n mate van weerstand teen spannings. 'n Teoretiese vloeistof sonder enige weerstand teen spanning staan bekend as 'n ideale vloeistof. Die studie van viskositeit staan bekend as reologie.

  1. Symon, Keith (1971). Mechanics (Third uitg.). Addison-Wesley. ISBN 0-201-07392-7.

Viskositeit

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne