Bynaam | (es) Tricolor Nacional (af) Nasionale Driekleur |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en Staatsvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 26 November 1861[1] |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in geel, blou en rooi. |
Gebruik | Burgerlike vaandel |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in geel, blou en rooi met ’n blou ovaal skyf met ’n rooi fraiing en wit agtpuntige ster in die middel. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in geel, blou en rooi met die land se wapenskild in die middel. |
Die nasionale vlag van Colombia is op 26 November 1861 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in geel bo, blou in die middel en rooi onder. Die ontwerp van die vlag is baie soortgelyk aan dié van Ecuador en Venezuela wat ook voormalige samestellende gebiede van Groot-Colombia is. Al drie vlae is gebaseer op ’n voorstel van die Venezolaanse generaal Francisco de Midanda wat in 1811 deur Venezuela aanvaar is en later deur Groot-Colombia met ’n paar verstellings.