Vlag van Griekeland

Vlag van Griekeland
Vlag van Griekeland
Vlag van Griekeland
Bynaam (el) Η Γαλανόλευκη
(af) Blou-en-wit
(el) Η Κυανόλευκη
(af) Siaan-en-wit
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant
Verhouding 2:3 (en ook 7:12)
Goedgekeur 22 Desember 1978[1]
(Vlootvaandel sedert 1822, nasionale vlag 1969–70; sedert 1978)
Ontwerp Nege horisontale bane in wit en blou afgewissel met ’n wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek.

Die nasionale vlag van Griekeland, waarna algemeen verwys word as die Blou-en-wit (Grieks: Γαλανόλευκη, Galanólefki) of die Siaan-en-wit (Grieks: Κυανόλευκη, Kyanólefki), is op 22 Desember 1978 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon nege horisontale bane in afgewissel in wit en blou, met ’n wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek. Dit is een van die vyf amptelike simbole van dié land en die wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek verteenwoordig die Grieks-Ortodokse Kerk. Die blasoen (heraldiese beskrywing) van die vlag is asuur, vier bane in silwer; in die skildhoek ’n Griekse kruis. Die amptelike vlagverhouding is 2:3.[2] Die vlag se blouskakering het in gebruik verander, insluitende helder- en donkerblou, laasgenoemde word sedert die laat 1960’s meer gebruik. Die vlag is op 13 Januarie 1822 vir die eerste keer deur die Eerste Nasionale Vergadering by Epidaurus in gebruik geneem.

Alhoewel die nege strepe geen amptelike betekenis het nie, verteenwoordig hulle volgens die gewildste interpretasie die lettergrepe van die frase Ελευθερία ή Θάνατος (“Vryheid of die Dood”): die vyf blou bane vir die lettergrepe in Ελευθερία en die vier wit bane vir dié in ή Θάνατος.[3] Daar word ook gesê dat die totaal van nege bane die letters van die woord ελευθερία (“Vryheid”) verteenwoordig.[3] Wit en blou verteenwoordig die Griekse hemel en meer se kleure.[4]

  1. (en) "Griekeland". Flags of the World. Besoek op 11 Oktober 2024.
  2. (en) The Flag, from the site of the Presidency of the Hellenic Republic
  3. 3,0 3,1 (el) Alexander-Michael Hadjilyra: Η καθιέρωση της ελληνικής σημαίας (“The adoption of the Greek flag”), Hellenic Army General Staff, 2003.
  4. (en) The Flag Bulletin, Volumes 14–17, Flag Research Center, 1976, bl. 63: “Greeks wanted this color for their flag because they have always looked at the blue sky and the blue ocean.”

Vlag van Griekeland

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne