Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 25 November 1975[1] |
Ontwerp | Vyf horisontale bane in groen, wit, rooi, wit en groen met ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die rooi baan. |
Die nasionale vlag van Suriname is op 25 November 1975 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale bane in groen, wit, rooi, wit en groen met ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die rooi baan.