Voedselbewaring maak dit moontlik dat voedsel 'n geruime tyd (gewoonlik weke tot maande) na oestyd geëet kan word, pleks van onmiddellik daarna. Dit is sowel 'n tradisionele huishoudelike vaardigheid en, in die vorm van voedsellogistiek, 'n belangrike industriële en kommersiële aktiwiteit. Voedselbewaring, berging en die tydige aflewering aan verbruikers is belangrik vir voedselsekuriteit, veral vir die meerderheid mense in die wêreld wat op andere vertrou om hul kos te produseer. Voedsel word deur byna elke menslike gemeenskap en deur baie diere geberg. Die berging van kos het etlike hoofdoelwitte:
Die berging van geöeste en verwerkte plant- en diervoedselprodukte vir die verspreiding na verbruikers
Om 'n beter gebalanseerde dieet regdeur die jaar moontlik te maak
Die vermindering van kombuisvermorsing deur kos wat nie geëet is nie vir latere gebruik te preserveer
Die preservering van spenskos, soos speserye en droë bestanddele soos rys en meel, vir die uiteindelike gebruik en kokery
Gereedheid vir katastrofes, noodgevalle en tydperke van voedselskaarste en hongersnood