| |||||
Nasionale leuse: Луганск, сила и свобода (Russies vir: "Loehansk, sterkte en vryheid") | |||||
Volkslied: Гимн Луганской Народной Республики (Russies vir: "Volkslied van die Volksrepubliek Loehansk") | |||||
Hoofstad | Loehansk | ||||
Grootste stad | Loehansk | ||||
Amptelike tale | Russies[1] | ||||
Regering | In naam 'n unitêre presidensiële republiek Leonid Pasechnik Sergei Koslof | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat
• Stigting • Onafhanklikheidsreferendum • Ooreenkoms van Minsk • Tweede ooreenkoms van Minsk • Russiese erkenning • Russiese anneksasie |
van Oekraïne 27 April 2014 11 Mei 2014 5 September 2014 12 Februarie 2015 21 Februarie 2022 30 September 2022 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
8 377[2] km2 3 234 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2018-skatting - Digtheid |
1 464 039[3] (–) / km2 | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel (RUB )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MSK (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | – | ||||
Skakelkode | + |
Die Volksrepubliek Loehansk (Russies: Луга́нская Наро́дная Респу́блика, Luganskaja Narodnaka Respublika, [lʊˈɡanskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar het van 2014 tot 2022 de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.[4]
Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Loehansk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Loehansk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Loehansk-oblast verwys.
Die Volksrepubliek Loehansk is langs die Oekraïens-Russiese grens geleë. Die hoofstad en grootste stad is Loehansk. Die volksrepubliek beslaan 'n oppervlakte van 8 377 km² en het 'n bevolking van 1 464 039 in 2018 gehad. Dit grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast.