Vredenburg | |
---|---|
'n Uitsig vanaf Vredenburg op die sneeubedekte berge van die Swartland in Julie 2008. | |
Koördinate: 32°54′23″S 17°59′45″O / 32.90639°S 17.99583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Saldanhabaai |
Stigting | 1875 |
Oppervlak | |
• Totaal | 13,75 km2 (5,31 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 38 382 |
• Digtheid | 2 791/km2 (7 230/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 13.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 55.7% |
• Swart mense | 28.7% |
• Ander | 4.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 68.7% |
• Xhosa | 19.3% |
• Engels | 5.0% |
• Sotho | 2.3% |
• Ander | 4.8% |
Poskode (strate) | 7380 |
Poskode (posbusse) | 7380 |
Skakelkode | 022 |
Webwerf | http://www.saldanhabay.co.za |
Vredenburg is die grootste dorp en hoofsentrum van die Saldanhabaai munisipaliteit aan die Kaapse Weskus, sowat 150 km per pad noord van Kaapstad. Die dorp is sentraal geleë ten opsigte van alle dorpe in die munisipale gebied: Saldanha is 12 km suid daarvandaan, Paternoster 15 km wes, Langebaan 25 km suidoos, Hopefield 37 km oos en St. Helenabaai 20 km noordwes. Dit is dan ook die hoofkwartier van die munisipaliteit wat sedert die dekade na 1970 as Vredenburg-Saldanha bekend gestaan het, tot 2000 as die Weskusskiereiland-oorgangsraad en toe munisipaliteit Saldanhabaai.