Wide-field Infrared Survey Explorer
’n Kunstenaar se voorstelling van die WISE-ruimtetuig.
Ander naam
MIDEX/WISE, Explorer 92
Tipe
Infrarooiteleskoop
Organisasie
Nasa \ Jet Propulsion Laboratory
Webtuiste
http://www.nasa.gov/wise
Ligging
Hoogte
Laeaardewentelbaan
Tegniese besonderhede
Deursnee
0,4 m[ 1]
Golflengte
3,4, 4,6, 12 en 22 μm[ 1]
Die Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE ) is ’n ruimteteleskoop van Nasa by infrarooigolflengtes wat in Desember 2009 gelanseer is[ 2] [ 3] [ 4] en in Februarie 2011 tydelik buite werking gestel is.[ 5] Dit is in 2013 gereaktiveer.[ 6] WISE het duisende kleinplanete en verskeie sterreswerms ontdek. Sy waarnemings het ook die ontdekking ondersteun van die eerste Y-bruindwerg en aardtrojaan-asteroïde .[ 5] [ 7] [ 8]
WISE het oor 10 maande ’n sterrekundige opname van die hele lugruim gedoen met foto's in 3,4, 4,6, 12 en 22 μm-golflengtebande met behulp van ’n infrarooiteleskoop met ’n deursnee van 40 cm terwyl hy in ’n wentelbaan om die Aarde was.[ 9] Nadat sy waterstofkoelmiddel opgeraak het, is met ’n sendinguitbreiding vir vier maande, bekend as NEOWISE, begin sodat dit met sy oorblywende vermoëns kan soek na naby-aarde-voorwerpe (NAV's) soos komete en asteroïdes .[ 10]
WISE se lugruimdata, insluitende ontwikkelde foto's, bronkatalogusse en rou data, in op 14 Maart 2012 aan die publiek beskikbaar gestel en is in ’n argief met infrarooi data beskikbaar.[ 11] [ 12] [ 13] In Augustus 2013 het Nasa aangekondig hy gaan WISE reaktiveer vir ’n nuwe drie jaar lange sending om na asteroïdes te soek wat met die Aarde kan bots.[ 6]
↑ 1,0 1,1 "Wide-field Infrared Survey Explorer Launch" (PDF) . NASA. Desember 2009. Besoek op 22 Mei 2015 .
↑ Ray, Justin (14 Desember 2008). "Mission Status Center: Delta/WISE" . Spaceflight Now . Besoek op 26 Desember 2009 .
↑ Rebecca Whatmore; Brian Dunbar (14 Desember 2009). "WISE" . NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2009. Besoek op 26 Desember 2009 .
↑ Clavin, Whitney (14 Desember 2009). "NASA's WISE Eye on the Universe Begins All-Sky Survey Mission" . NASA Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2009. Besoek op 26 Desember 2009 .
↑ 5,0 5,1 "Wide-field Infrared Survey Explorer" . Astro.ucla.edu. Besoek op 24 Augustus 2013 .
↑ 6,0 6,1 "NASA space telescope rebooted as asteroid hunter" . CBC News . Reuters. 22 Augustus 2013. Besoek op 22 Augustus 2013 .
↑ "JPL – NASA's WISE Finds Earth's First Trojan Asteroid (27 Julie 2011)" . Jpl.nasa.gov. 27 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2012. Besoek op 24 Augustus 2013 .
↑ "Berkeley – NASA's WISE finds Earth's first Trojan asteroid" . Wise.ssl.berkeley.edu. Besoek op 24 Augustus 2013 .
↑ "Wide-field Infrared Survey Explorer (WISE)" . Astro.ucla.edu. Besoek op 24 Augustus 2013 .
↑ Debra Werner (5 Oktober 2010). "Last-minute Reprieve Extends WISE Mission" . Space News . Besoek op 29 Oktober 2010 .
↑ "WISE All-Sky Data Release" . Wise2.ipac.caltech.edu. Besoek op 24 Augustus 2013 .
↑ "NASA Releases New WISE Mission Catalog of Entire Infrared Sky" . Nasa.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2012. Besoek op 24 Augustus 2013 .
↑ Clavin, Whitney (18 Julie 2011). "Can WISE Find the Hypothetical 'Tyche'?" . NASA.gov . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2011. Besoek op 19 Julie 2011 .