Waarneming is die monitering van gedrag, aktiwiteite of inligting met die doel om inligting te versamel, mense te beïnvloed, te bestuur of te rig. Dit kan waarneming van afstand deur middel van elektroniese toerusting insluit, soos geslote kringtelevisie, of onderskepping van elektroniese inligting-oordrag, soos Internetverkeer. Dit kan ook eenvoudige metodes insluit, soos soos die menslike versameling van intelligensie en posondervanging.
Waarneming word deur regerings gebruik vir intelligensie-insameling, voorkoming of ondersoeking van misdaad, of die beskerming van 'n proses, persoon, groep of voorwerp. Dit word ook deur misdadige organisasies gebruik om misdade te beplan en te pleeg, en deur ondernemings om inligting oor misdadigers, hul mededingers, verskaffers of klante in te samel. Religieuse organisasies wat belas word met die opsporing van kettery en heterodoksie kan ook waarneming hou.[1] Ouditeurs voer 'n vorm van waarneming uit.[2]
Waarneming kan deur regerings gebruik word om mense se privaatheid onregverdigbaar te skend en word dikwels deur siviele regte aktiviste gekritiseer.[3] Liberale demokrasieë kan wette hê wat probeer om die regering en privaat gebruik van waarneming te beperk, terwyl outoritêre regerings selde enige binnelandse beperkings het. Internasionale spioenasie blyk algemeen in alle soorte lande te voorkom.[4][5]
<ref>
tag; no text was provided for refs named greenleaf
<ref>
tag; no text was provided for refs named cardwell
<ref>
tag; no text was provided for refs named stallman
<ref>
tag; no text was provided for refs named cia.gov
<ref>
tag; no text was provided for refs named law.umich.edu