Wicus du Plessis

Prof. Wicus du Plessis. Dié foto is geneem toe hy in 1947 die eerste voorsitter van die direksie van Dagbreekpers Beperk was.

Prof. Lodewicus (Wicus) Johannes du Plessis (Burgersdorp, 10 Februarie 1897Potchefstroom, 19 Februarie 1968) was 'n Suid-Afrikaanse akademikus, regsgeleerde, ekonoom en politieke denker. Du Plessis was bekend vir sy "soepel" Calvinisme, met ander woord ’n Calvinisme wat oop is vir die intellektuele bydrae van nie-Christelike denkers soos Karl Marx en Charles Darwin. Hy is in 'n stadium beskou as die logiese opvolger van dr. D.F. Malan, maar sy destyds verligte politieke denke het hom in stryd gebring met adv. Hans Strijdom en dr. Hendrik Verwoerd, en hy is mettertyd gemarginaliseer. Na hom is dikwels verwys as "die profeet van Potchefstroom", want sy sienings was sy tyd vooruit.[1]

  1. (af) Die Christelike Kernensiklopedie Geargiveer 6 September 2018 op Wayback Machine. URL besoek op 20 Augustus 2016.

Wicus du Plessis

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne