Wikings

Hierdie artikel handel oor die groep mense van Skandinawië in die Middeleeue. Vir ander begrippe, sien Viking (dubbelsinnig).
Kaart van verspreiding van nedersettings wat deur Wikings gestig is: 8ste eeu (donkerrooi), 9de eeu (rooi), 10de eeu (oranje) en gebiede met gereelde rooftogte, maar geen permanente nedersettings (groen). Die kleur geel stem ooreen met die uitbreiding van die Normandiërs van Normandië na Frankryk, hoofsaaklik Romantiessprekende Christelike ridders.

Die woord Wikings (dikwels ook Vikings) is afgelei van die Oud-Noorse vikingr. Hulle staan ook as Noormanne bekend. Onder die naam Wikings val die bewoners van Denemarke, Noorweë en Swede, vir sover hulle van die einde van die agtste tot laat in die elfde eeu in Wes- en Oos-Europa verskyn het, eers as seerowers en plunderaars, maar later as veroweraars, stigters van state en handelaars.

Die naam "Wikings" is sinoniem met die woeste, slinkse, wrede krygsmanne wat gedurende die Middeleeue in hul smal, vinnige bote uit Skandinawië die ander Europese lande binnegeval het om te plunder en te vernietig so ver hulle gegaan het. Dit is inderdaad waar dat die Wikings van die negende tot die elfde eeu 'n spoor van verwoesting oor die hele Europa gelaat het.

Nogtans wys navorsers en geskiedkundiges daarop dat handel en rooftogte vir die Wikings twee kante van dieselfde munt was. Die meeste Middeleeuse tydgenote het die Wikings dan ook eerder as slim handelaars beskou wat volgens sommige navorsers moontlik die eerste groot handelsnetwerk geskep en handelsbande met lande dwarsoor die wêreld aangeknoop het.

Die uitvinding van vinnige langbote het die tegniese basis vir hierdie ongekende ekonomiese uitbreiding gevorm: die bote se maste kon binne drie minute neergelaat word sodat brûe en ander hindernisse nie die Wikingbote belemmer het nie. Die Wikings kon op die Europese rivierstelsels vinniger na die binneland toe seil en roei as enige berede mag aan land.


Wikings

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne