In die normale werking van Wikipedia word bladsye gereeld verwyder. Terwyl dit vir enige gebruiker moontlik is om 'n blad leeg te maak, bly die oorspronklike inhoud steeds behoue in die bladsygeskiedenis waar ander gebruikers dit kan sien en weer herstel. Wanneer bladsye verwyder word, word nie net die huidige weergawe nie, maar ook die volledige geskiedenis daarvan verwyder.
Slegs administrateurs het die mag om bladsye te verwyder en weer te herstel ná verwydering binne hierdie stelsel. Jy kan altyd verwag dat administrateurs die volgende prosedure sal volg om hulle by te staan in hierdie oordeel.
Verwyderde bladsye kan herstel word deur administrateurs, as en slegs as daar ondersteuning daarvoor is, of as die blad spoedig uitgevee is sonder om die prosedure korrek te volg. As verwyderings té ongeërg gemaak word, raak dit moeilik om by te bly, en daarom moet die besluit om 'n artikel uit te vee nie ligtelik geneem word nie.
As 'n artikel die heeltyd verwyder en weer geskep word, is dit gewoonlik goeie aanduiding dat die nood vir die artikel bestaan. Administrateurs moet altyd verantwoordelik met hulle mag optree; as jy twyfel... moenie verwyder nie!