Ds. Wikus Vorster | |
Ds. J.L. Vorster
| |
Naam | Johannes Lodewikus |
---|---|
Geboorte | 20 Desember 1908 Philipstown, Kaapkolonie |
Sterfte | 2 Mei 1990 (op 81) Onbekend |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Piet Retief 1935–1938 Durban 1939–1942 Ventersburg-kombinasie 1942–1944 Johannesburg-Oos 1944–1948 Steynsburg 1948–1953 Bloemfontein-Wes 1953–1958 Potchefstroom-Noord 1958–1973 |
Jare aktief | 1935–1973 |
Kweekskool | Potchefstroom |
Ds. Johannes Lodewikus Vorster (noemnaam Wikus, Philipstown, Kaapkolonie, 20 Desember 1908 – Potchefstroom, 2 Mei 1990) was langer as 38 jaar predikant in die Gereformeerde Kerk en het in sewe werkkringe gestaan, naamlik Piet Retief 1935–1938, Durban 1939–1942, Ventersburg-kombinasie 1942–1944, Johannesburg-Oos 1944–1948, Steynsburg 1948–1953, Bloemfontein-Wes 1953–1958 en Potchefstroom-Noord 1958–1973.