Die Wildekus is 'n kusstreek in Suid-Afrika. Dit is die kusstrook van sowat 250 km van die monding van die Groot-Keirivier, Oos-Kaap in die suide tot by die Mtamvunarivier net duskant Port Edward, KwaZulu-Natal in die noorde.[1] Alhoewel die naam Wildekus verwys na die ongerepte natuurskoon het dit ook 'n meer onheilspellende aanspraak op roem: skeepswrakke.[2]