Wildernis, Wes-Kaap

Wildernis
Wildernis is in Wes-Kaap
Wildernis
Wildernis
 Wildernis se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°59′S 22°35′O / 33.983°S 22.583°O / -33.983; 22.583
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikTuinroete
MunisipaliteitGeorge
Stigting1877
Oppervlak
 • Totaal36,97 km2 (14,27 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal6 164
 • Digtheid167/km2 (430/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense38.5%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense47.2%
 • Swart mense12.0%
 • Ander1.8%
Taal (2011)
 • Afrikaans 68.5%
 • Engels 23.7%
 • Xhosa 4.9%
 • Ander 2.9%
Poskode (strate)
6560
Wildernisstrand
Wildernis vanaf die Kaaimansrivierpas gesien
Landskaptoneel in die Nasionale Wildernispark

Wildernis (Engels Wilderness) is 'n gewilde vakansiedorp langs die N2 nasionale hoofweg en die Tuinroete in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, sowat 15 km oos van George en 450 km oos van Kaapstad geleë. Sy wit sandstrand met 'n totale lengte van agt kilometer en die warm waters van die Indiese Oseaan maak van Wildernis onder meer 'n bestemming vir watersportentoesiaste.

Die N2 nasionale pad verdeel Wildernis in twee - terwyl 'n klein aantal huise en hotelle in 'n duinegebied naby die strand opgerig is, is die sakekern en die res van die dorp langs die grootpad en die strandmeer geleë. Die strandmeer se bergagtige landkant pronk met 'n ryk flora in sy bosgebiede, soos erikas, varings, melkhoutbome, orgideë en proteas. Die soetwater van bergriviere en die Indiese Oseaan se seewater skep daarnaas ook 'n geskikte habitat vir waterdiere, onder meer dolfyne.

Die Nasionale Wildernispark met 'n oppervlakte van 2 612 hektaar is oos van die dorp geleë en strek 28 kilometer langs die see. Hier is al 230 dierespesies geregistreer, waaronder 79 van Suid-Afrika se 95 watervoëlspesies.

Wildernis was die aftreeplek vir voormalige staatspresident PW Botha.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Wildernis". Sensus 2011.
  2. Vat, Dan van der (2 November 2006). "PW Botha". Besoek op 17 Augustus 2024 – via The Guardian.

Wildernis, Wes-Kaap

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne