Willem Johannes de Klerk

W. J. de Klerk
Ds. Willem Johannes de Klerk was twee maal leraar van Johannesburg, van 1904-1907 en weer van 1928 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1943. Hy is op 26 September daardie jaar oorlede.
Naam Willem Johannes de Klerk
Geboorte 23 Oktober 1875
Burgersdorp
Sterfte 21 September 1943 (op 67)
Primrose-Oos, Germiston
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Heidelberg (1903-1905)
Johannesburg (1905-1907)
Aliwal-Noord (1907-1911)
Potchefstroom (1911-1923)
Johannesburg (1929-1942)
Jare aktief 1903–1943
Kweekskool Teologiese Skool Burgersdorp

Ds. Willem Johannes de Klerk (Burgersdorp, 23 Oktober 1875 – Primrose-Oos, Germiston, 21 September 1943) was ’n Gereformeerde predikant en opvoedkundige, die vader van oudmin. Jan de Klerk en die grootvader van oudpres. F.W. de Klerk en die predikant, koerantredakteur en politieke raadgewer dr. Willem de Klerk, asook die skoonvader van adv. J.G. Strijdom (Susan Strijdom was ds. De Klerk se dogter), 'n gewese eerste minister van Suid-Afrika. Hy word beskryf as ’n vurige Afrikaner. Hy was van 1919 tot 1927 die eerste registrateur van die Potchefstroomse Universiteitskollege en het ’n prominente rol in die totstandkoming en opbou daarvan gespeel.[1][2]

  1. (af) Noordwes-Universiteit – Amptelike opening van die FW de Klerk-uitstalling Geargiveer 26 Desember 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 9 Julie 2016.
  2. (af) De Klerks se spore lê diep, Die Burger, 3 Februarie 1989. URL besoek op 9 Julie 2014.

Willem Johannes de Klerk

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne