Willem Lucas Steenkamp

Ds. Willem Lucas Steenkamp
Ds. Willem Lucas Steenkamp
Ds. Steenkamp omstreeks 1950, toe hy die eerste predikant van die pas gestigte NG gemeente Klawer was.

Naam Willem Lucas Steenkamp
Geboorte 11 Julie 1889
Karos, distrik Gordonia
Sterfte 15 Desember 1958
Gobabis, Suidwes-Afrika
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Waterberg (Nylstroom), Brandvlei, Namakwaland, Goudini, Rawsonville, Namakwaland, Klawer
Jare aktief 1920-1957
Kweekskool Kweekskool, Stellenbosch

Ds. Willem Lucas Steenkamp (11 Julie 1889Gobabis, Suidwes-Afrika, 15 Desember 1958) was ’n leraar in vier gemeentes van die NG Kerk, maar word veral onthou as predikant van die NG gemeente Namakwaland op Springbok in die Noord-Kaap, waar hy twee maal leraar was, die eerste keer as opvolger van sy neef dr. Willem Petrus Steenkamp. Hy het sy bediening wel in die noorde van die destydse Transvaal begin toe hy oor die dertig jaar oud was, maar vanaf sy tweede standplaas was al sy gemeentes in die latere sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en binne die huidige provinsies Noord- en Wes-Kaap.


Willem Lucas Steenkamp

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne