Willem de Klerk

Willem de Klerk
Dominee Willem de Klerk
Willem de Klerk

Naam Willem Johannes de Klerk
Geboorte 12 April 1928
Reddersburg
Sterfte 7 Augustus 2009 (op 81)
Johannesburg
Kerkverband Gereformeerd Kerk
Gemeente(s) Krugersdorp (1953–1957)
Totiusdal (1957–1963)
Potchefstroom-Noord (1963–1976)
Jare aktief 1953–'67 (as predikant)
Kweekskool Potchefstroom
Die Vaderland berig op 22 Oktober 1956 oor die inwyding van die Gereformeerde kerk Krugersdorp. Ds. De Klerk, die leraar, het die kerk oopgesluit. Dit is ontwerp deur die Pretoriase argitek Johan de Ridder, ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk.

Dr. Willem (Wimpie) Johannes de Klerk (12 April 1928Johannesburg, 7 Augustus 2009) was ’n Afrikaanse akademikus, predikant, redakteur van die oggendblad Die Transvaler en Sondagkoerant Rapport, stigterslid van die Demokratiese Party, die oudste broer van voormalige president F.W. de Klerk en seun van oudminister Jan de Klerk en sy vrou, Corrie. Hul oupa aan vaderskant, ds. W.J. de Klerk, was twee maal leraar van die Gereformeerde kerk Johannesburg en registrateur van die PU vir CHO van 1923 tot 1928. Hul ouma aan vaderskant was ds. De Klerk se tweede vrou, Aletta Johanna, gebore Van Rooy, 'n kleindogter van die Van Rooy-stamouers in Suid-Afrika, Johannes Cornelis van Rooy en sy vrou, Anne Holsters. Sy tante Susan Strijdom was die vrou van Suid-Afrika se vyfde eerste minister, adv. Hans Strijdom.

Dr. De Klerk is in 1953 in die Gereformeerde kerk Krugersdorp, sy eerste gemeente, bevestig. Krugersdorp is op 25 April 1896 gestig as die eerste Gereformeerde kerk op die Rand, ’n maand voor Johannesburg op 23 Mei daardie jaar. In 1957 kom sy volgende standplaas aan die beurt, Totiusdal, en in 1963 Potchefstroom-Noord. Van 1967 was hy professor aan die PU vir CHO, waar hy bly tot hy uittree as professor en predikant van die GKSA in 1973.


Willem de Klerk

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne