Willem I Prins van Oranje | |
Willem van Oranje, Adriaen Thomasz Key, c. 1570–84 | |
Voorafgegaan deur | René van Châlon |
---|---|
Opgevolg deur | Philip Willem, Prins van Oranje |
Stadhouer van Holland, Zeeland, Utrecht, Friesland
| |
Stadhouer van Holland, Zeeland en Utrecht
| |
Monarg | Philip II van Spanje |
Opgevolg deur | Maximilien de Hénin-Liétard |
Stadhouer van Holland, Zeeland en Utrecht
| |
Voorafgegaan deur | Maximilien de Hénin-Liétard |
Opgevolg deur |
|
Stadhouer van Friesland
| |
Opgevolg deur | Willem Louis, Graaf van Nassau-Dillenburg |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 24 April 1533 Dillenburg, Graafskap van Nassau, Heilige Romeinse Ryk |
Sterf | 10 Julie 1584 (op 51) Delft, Graafskap van Holland, Nederlandse Republiek |
Ouers | *Willem I, Hertog van Nassau-Dillenburg
|
Kind(ers) | 16 |
Religie | Luthers (1533–44), Rooms Katoliek (1544–73), Calvinis (1573–84) |
Willem I, Prins van Oranje (24 April 1533 – 10 Julie 1584), ook bekend as Willem die Swyger of Willem die Stille[1][2][3] of meer algemeen bekend as Willem van Oranje, was die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs, wat die oorsaak was van die Tagtigjarige Oorlog (1568–1648) en gelei het tot die formele onafhanklikheid van die Verenigde Provinsies in 1581. Hy is gebore uit die Huis van Nassau as Hertog van Nassau-Dillenburg. Hy het in 1544 die Prins van Oranje geword en is daardeur die stamvader van die Huis van Oranje-Nassau en die voorganger van die monargie van die Nederlande. Hy is binne Nederland ook bekend as 'Vader van die Vaderland'.
Willem was 'n vermoënde edelman en het oorspronklik die Habsburgs gedien as lid van die hof van Margaret van Parma, goewerneur van die Spaanse Nederlande. Hy was ongelukkig met die sentralisasie van politieke mag weg van die plaaslike klasse, asook met die Spaanse vervolging en onderdrukking van Nederlandse Protestante. Hy het derhalwe by die Nederlandse opstand aangesluit en teen sy voormalige meesters gedraai. Hy was die mees invloedryk en polities bedrewe van die rebelle en het die Nederlanders tot verskeie suksesse gevoer tydens die oorlog teen die Spanjaarde. Hy is in 1580 deur die Spaanse koning voëlvry verklaar en is in 1584 deur Balthasar Gérard (ook "Gerardts" gespel) in Delft vermoor.