Witwyn

'n Glas witwyn
Wit druiwe in 'n wingerd van die Moeselvallei, Duitsland
Torrontés-wynproe in Cafayate, Argentinië.

Witwyn word - in teenstelling met rooiwyn - meesal van wit druiwe gemaak. Ook die produksiemetode verskil van dié van rooiwyn. Hierby word die druiwesap sonder die skille en stingels gefermenteer.

Aangesien die skille naastenby eenhonderd persent van die druiwe se kleurstowwe bevat, is dit eweneens moontlik om witwyn van rooi druiwe te maak. Hierby word die druiwe vinnig na die wyngoed geneem en gepers. Skille en sap word onmiddellik daarna van mekaar geskei.

Witwyn, wat van rooi kultivare gemaak is (veral uit die omgewing van Bordeaux), word Claret (Frans: Clairet) genoem. Blanc de Noir is 'n Franse wyn uit die Champagnestreek, wat eweneens van rooi druiwe gepers word.


Witwyn

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne