Wjatsjeslaf Dmitrijewitsj Zoedof | |
---|---|
![]() | |
Naam: | Wjatsjeslaf Dmitrijewitsj Zoedof |
Geboorteland: | Sowjetunie |
Bekendheid: | Ruimtevaarder |
Geboortedatum: | 8 Januarie 1942, Bor |
Rang: | Kolonel, Lugmag van die Sowjetunie |
Gekose: | in 1965 gekies om 'n ruimtevaarder te wees |
Ruimtetyd: | 2d 00u 06m |
Sending: | Sojoes 23 |
Wjatsjeslaf Dmitrijewitsj Zoedof, (8 Januarie 1942 - 12 Junie 2024), gebore in Bor, Gorki-oblast, Rusland, was 'n ruimtevaarder van die Sowjetunie.
Hy is op 23 Oktober 1965 gekies om 'n ruimtevaarder te word. Op 14 Oktober 1976 was hy die bevelvoerder van 'n sending met die Sojoes 23 na die ruimtestasie Saljoet 5.
Zoedof het op 14 Mei 1987 op pensioen gegaan. Hy was getroud met twee kinders.