Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Die leergebinde Deel XV van die WAT

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, kortweg WAT, is die grootste en enigste omvattende verklarende Afrikaanse woordeboek. Dit weerspieël Afrikaans in sy wydste omvang en sluit, benewens die standaardvariëteit van Afrikaans, ook ander variëteite, dialekte, streektaal en geselstaal in, soos Kaaps en Namakwalands. In teenstelling met die omvattende verklarende WAT, wat reeds sestien gedrukte boekdele plus baie ekstra elektroniese inskrywings beslaan, is die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) ’n bondige woordeboek in slegs ’n enkele volume. Die WAT is die langslopende en volledigste Afrikaanse woordeboekprojek en word saamgestel deur die Buro van die WAT in Stellenbosch.


Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne