Xenon

54 jodiumxenonsesium
Kr

Xe

Rn
Algemeen
Naam, simbool, getal xenon, Xe, 54
Chemiese reeks edelgasse
Groep, periode, blok 18, 5, p
Voorkoms kleurloos
Atoommassa 131.293 (6) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4d10 5s2 5p6
Elektrone per skil 2, 8, 18, 18, 8
Fisiese eienskappe
Toestand gas
Digtheid (0 °C, 101.325 kPa)
5.894 g/L
Smeltpunt 161.4 K
(-111.7 °C)
Kookpunt 165.03 K
(-108.12 °C)
Kritieke punt 289.77 K, 5.841 MPa
Smeltingswarmte 2.27 kJ/mol
Verdampingswarmte 12.64 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 20.786 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 83 92 103 117 137 165
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Strukturbericht-kode A1
Oksidasietoestande 0, +1, +2, +4, +6, +8
(selde groter as 0)
(swak suur oksied)
Elektronegatiwiteit 2.6 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 1170.4 kJ/mol
2de: 2046.4 kJ/mol
3de: 3099.4 kJ/mol
Atoomradius (ber.) 108 pm
Kovalente radius 130 pm
Van der Waals-radius 216 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking nie-magneties
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 5.65 mW/(m·K)
Henry se konstante 4,3 x 10-3 [L/mol.atm] 2050 [K] [1]
Spoed van klank (vloeistof) 1090 m/s
CAS-registernommer 7440-63-3
Vernaamste isotope
Isotope van Xenon
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
124Xe 0.1% 1.1×1017j ε ε no data 124Te
125Xe sin 16.9 h ε 1.652 125I
126Xe 0.09% Xe is stabiel met 72 neutrone
127Xe sin 36.4 d ε 0.662 127I
128Xe 1.91% Xe is stabiel met 74 neutrone
129Xe 26.4% Xe is stabiel met 75 neutrone
130Xe 4.1% Xe is stabiel met 76 neutrone
131Xe 21.29% Xe is stabiel met 77 neutrone
132Xe 26.9% Xe is stabiel met 78 neutrone
133Xe sin 5.243 d β- 0.427 133Cs
134Xe 10.4% Xe is stabiel met 80 neutrone
135Xe sin 9.10 h β- 1.16 135Cs
136Xe 8.9% 2.36×1021j β- no data 136Ba
Portaal Chemie

Xenon is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Xe en atoomgetal van 54. Dit is 'n swaar-, kleurlose-, reuklose edelgas wat in spoorhoeveelhede in die aarde se atmosfeer voorkom.[2] Alhoewel dit oor die algemeen nie reaktief is nie, kan xenon wel 'n paar chemiese reaksies ondergaan soos onder andere die vorming van xenon heksafluoroplatinaat, die eerste edelgasverbinding wat vervaardig is.[3][4] Xenon wat in die natuur voorkom bestaan uit nege stabiele isotope. Daar is meer as 40 onstabiele isotope wat radio-aktiewe verval ondergaan. Die isotoopverhoudings van xenon verskaf belangrike inligting in die studie van die vroeë geskiedenis van die sonnestelsel. Xenon-135 word vervaardig deur kernsplitsing en tree op as 'n neutronabsorbeerder in kernreaktore.

Xenon word gebruik in xenon flits- en booglampe en ook as 'n algemene verdowingsmiddel.[5] Die eerste opgewekte dimeerlaserontwerp het xenon as 'n dimeermolekuul (Xe2) benut as aktiewe lasermedium en die eerste laserontwerpe het ook xenon flitslampe gebruik as laserpompe. Xenon word ook gebruik in ondersoeke na hipotetiese swak interaksie massiewe deeltjies en as die aandryfmiddel vir ioonstuwers in ruimtetuie.

  1. Sander.
  2. Staff (2007). "Xenon". Columbia Electronic Encyclopedia (in Engels) (6th uitg.). Columbia University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2012. Besoek op 23 Oktober 2007.
  3. Husted, Robert; Boorman, Mollie (15 Desember 2003). "Xenon" (in Engels). Los Alamos National Laboratory, Chemical Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2010. Besoek op 26 September 2007.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Rabinovich, Viktor Abramovich; Vasserman, A. A.; Nedostup, V. I.; Veksler, L. S. (1988). Thermophysical properties of neon, argon, krypton, and xenon (English-language uitg.). Washington, DC: Hemisphere Publishing Corp. ISBN 0-19-521833-7.—National Standard Reference Data Service of the USSR. Volume 10.
  5. Sanders, Robert D.; Ma, Daqing; Maze, Mervyn (2005). "Xenon: elemental anaesthesia in clinical practice". British Medical Bulletin. 71 (1): 115–135. doi:10.1093/bmb/ldh034. PMID 15728132.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Xenon

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne