Yair Lapid | |
Lapid as Eerste minister in 2022 | |
Leier van die Opposisie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 2 Januarie 2023 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
---|---|
Voorafgegaan deur | Benjamin Netanyahu |
Ampstermyn 17 May 2020 – 6 April 20211 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
Voorafgegaan deur | Shelly Yachimovich |
Opgevolg deur | Benjamin Netanyahu |
14de Eerste minister van Israel
| |
Ampstermyn 1 Julie 2022 – 29 Desember 2022 | |
President | Isaac Herzog |
Voorafgegaan deur | Naftali Bennett |
Opgevolg deur | Benjamin Netanyahu |
2de Plaasvervangende eerste minister van Israel
| |
Ampstermyn 13 Junie 2021 – 30 Junie 2022 | |
Eerste minister | Naftali Bennett |
Voorafgegaan deur | Benny Gantz |
Opgevolg deur | Naftali Bennett |
Leier van Yesh Atid
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Mei 2012 | |
Voorafgegaan deur | Amp gestig |
Lid van die Knesset
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Februarie 2013 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 5 November 1963 Tel Aviv, Israel |
Politieke party | Yesh Atid |
Ouers | Tommy Lapid Shulamit Lapid |
Eggenoot/-note | Lihi Lapid |
Kind(ers) | 3 |
Yair Lapid, (Hebreeus: יאיר לפיד, gebore op 5 November 1963 in Tel Aviv) is 'n Israelse politikus. Hy is die leier van die Yesh Atid-party.
Sedert 5 Februarie 2013 is hy 'n lid van die Knesset. Vanaf Maart 2013 tot Desember 2014 was hy die minister van Finansies, en vanaf 13 Junie 2021 die minister van Buitelandse Sake en die beoogde eerste minister in die Bennett-Lapid-kabinet. In hierdie regering het hy op 1 Julie 2022 Naftali Bennett as eerste minister afgelos, en op 29 Desember 2022 is hy deur Benjamin Netanyahu opgevolg.
Lapid het as 'n joernalis, akteur en televisie-aanbieder gewerk. Hy het ook verskeie boeke geskryf.
Hy behoort tot die Hervormde Judaïsme en woon in Tel Aviv. Lapid is vir die tweede keer getroud en het drie kinders. Sy vader was die joernalis en politikus Tommy Lapid (in 2008 oorlede), sy moeder die skrywer Shulamit Lapid.