Ysterplaat | |
---|---|
Koördinate: 33°54′23″S 18°29′42″O / 33.90639°S 18.49500°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Hoofplek | Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,78 km2 (1,07 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 838 |
• Digtheid | 301/km2 (780/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 17,8% |
• Indiërs/Asiërs | 1,6% |
• Bruin mense | 32,2% |
• Swart mense | 48,2% |
• Ander | 0,2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 55,2% |
• Xhosa | 24,3% |
• Engels | 11,6% |
• Suid-Sotho | 2,4% |
• Ander | 6,5% |
Ysterplaat is 'n voorstad van Kaapstad, sowat 10 km wesnoordwes van die middestad. Dit word begrens deur Paardeneiland in die suidweste, Brooklyn en Rugby in die weste, Kensington in die suide en Century City in die noordooste.
Ysterplaat, geleë aan die strandgebied waar Jan van Riebeeck op 7 April 1652 aan wal gestap het, is veral bekend vir die plaaslike lugmagbasis. Die terrein van die LMB Ysterplaat is oorspronklik as 'n burgerlike vliegveld gebruik, bekend as Maitlandvliegveld, van so vroeg af as 1929. Op 1 April 1949, is LMB Brooklyn herdoop tot LMB Ysterplaat.
Vir sensusdoeleindes beslaan die voorstad Ysterplaat 2,78 km2. In 2011 was die bevolking 838 van wie amper die helfte swart was. Minder as 18% van die bevolking (149) was toe wit.[2] In 2001 was die voorstad se bevolking net 268, met 'n redelik gelykop verdeling tussen bruin (43%), swart (33%) en wit (25%).[3]
Die NG gemeente Ysterplaat is op 7 Desember 1940 van die moedergemeente Maitland afgestig waarvan die grense destyds nog verby Milnerton, Table View en Bloubergstrand gestrek het.