Zeus-standbeeld van Olimpia

’n Voorstelling van die standbeeld van Zeus.

Die Zeus-standbeeld van Olimpia was ’n standbeeld van ’n reusagtige, sittende figuur van sowat 13 meter hoog[1] wat omstreeks 435 v.C. deur die Griekse beeldhouer Phidias gemaak is. Dit het in die Tempel van Zeus in die heiligdom Olimpia in Griekeland gestaan en het bestaan uit ivoor, goud en hout. Dit het die god Zeus voorgestel wat op ’n versierde sederhouttroon sit. Dit is beskou as een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld totdat dit eindelik omstreeks die 5de eeu n.C. verwoes is.[2]

Geen namaaksel van die beeld is ooit gevind nie en besonderhede oor die voorkoms daarvan is slegs bekend danksy antieke Griekse beskrywings en voorstellings op muntstukke.[3]

  1. Phidias from encyclopædiabritannica.com. URL besoek op 3 September 2014
  2. Statue of Zeus from encyclopædiabritannica.com. URL besoek op 22 November 2006
  3. Richter, Gisela M.A., "The Pheidian Zeus at Olympia" Hesperia 35 .2 (April–Junie 1966:166-170) ble. 166f, 170

Zeus-standbeeld van Olimpia

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne